Ontbloot hulle!

Lees Psalm 94:1-11.

Kom, Regter van die aarde, reken af met die mense wat hulle teen U verhef (v 2).

Jy kan mos nie loop en grootpraat
en dan reken dat God jou nie hoor nie!

Haai, Here, watter mense is dom genoeg om
te dink dat U hul bulderende bravade by U
sal laat verbygaan? En dan is dit nie sommer
’n skadelose geklets nie; nee, liewe Here –
hoor hoe spog hulle: “Ons doen nét wat ons wil!”

En U weet glo niks, sien niks, hoor niks …

Hulle is besig om groot verwoesting aan te rig
by dié oor wie U van altyd af begaan is:
die weduwees en wese; die vreemdelinge;
hulle wat op U vir ontferming aangewese is
omdat hulle niemand anders het wat na hulle kyk nie.

Maar dit is soos die hovaardiges is; dit is wat hulle doen;
dit is hoe hulle hulle in ander se leed verlekker.

Gryp in, Here!
Ter wille van die weerloses.
Ontbloot hulle – daardie gewetenlose
uitbuiters, die skaamtelose teisteraars –
vir wie en wat hulle is.
Laat hulle tog gou agterkom
dat God alles weet wat hulle doen;
dat Hy intiem kennis dra
van al die wreedaardighede wat hulle bedink.
Laat hulle spoedig leer hoe dit is om in ’n strik te beland;
hoe opgeblasenheid geprik word;
hoe breedsprakigheid summier kortgeknip word.
Hoe dit voel om in die hande van die lewende God te val.

U laat U nie bespot nie, beslis nie deur u eie maaksels nie.
Skepsels wat U gering ag en reken dat hulle U
’n rat voor die oë kan draai, speel met hul lewe.
Hulle sal dié spel verloor …
Amen.

Barend Vos


Word ’n Bybel-Boodskapper

Ondersteun Boodskap-Vir-Vandag

Help ons om gelowiges wêreldwyd digitaal met die boodskap van Jesus te bemoedig. Deur jou vrygewigheid sal jy hierdie daaglikse aanlyn inspirasie in mense se lewe moontlik maak.

KLIK HIER vir meer inligting oor hoe net R2 per dag 'n reuse-impak kan maak.

Hier is ’n getuienis oor wat Boodskap-Vir-Vandag vir mense beteken.

Ken wil dieper oor sy geloof nadink, en hy het vir ons hierdie e-pos gestuur: