Op die berg

Lees Markus 9:2-9.

Toe sê Petrus vir Jesus: “Rabbi, dit is goed dat ons hier is. Laat ons drie hutte bou …” (v 5).

Petrus word, ten spyte van sy ellendige fout ses dae tevore, deur Jesus bergop geneem. Saam met twee ander uitverkorenes, Johan­nes en Jakobus, sou hy op daardie berg dinge sien en hoor wat sy verstand, en almal s’n wat later daarvan verneem het, te bowe sou gaan. Hy sou so verskrik wees dat hy dinge sou sê waaroor hy nie helder gedink het nie.

’n Mens kan Petrus nie hiervoor verkwalik nie. Kyk net wat hy alles moes sien, hoor daardie stem! Geen wonder hy praat so gou en so baie nie.

Buitendien was Moses en Elia se wonderverskynings en Jesus se glansende gedaanteverandering en, les bes, die Goddelike stem ’n duidelike terugkeer na die triomfantelike roete waarlangs Jesus sy uitverkorenes sou lei – of hoe? Vergete is die somber vooruitsigte van ’n week gelede. Hier is beslis nie sprake van ’n uitmergelende roete nie. Hiér kan hulle vertoef, verhewe en verheerlik.

’n Aantreklike vooruitsig, nie waar nie? Beslis verkieslik bo ’n kruisweg. Maar dit was bloot ’n tussenspel, ’n herinnering aan presies wie Jesus is. En hierdie drie volgelinge was bevoorreg om dit te kon aanskou.

Die pad agter Jesus aan het sulke hemelse hoogtepunte, sal al Jesus se volgelinge weet. Uiteindelik blyk dit egter dat sulke berg­top-belewenisse maar skaars is. Daar is ook donker dieptes, dale van doodskaduwee. Goddank, ook hierin gaan Hy hulle vooruit. Draai Hy dikwels om, tel Hy hulle op. En dra Hy hulle verder.

Here, hoe helder is u teenwoordigheid in ons lewe! Juis ook in die stikdonkerte.

Barend Vos


Word ’n Bybel-Boodskapper

Ondersteun Boodskap-Vir-Vandag

Help ons om gelowiges wêreldwyd digitaal met die boodskap van Jesus te bemoedig. Deur jou vrygewigheid sal jy hierdie daaglikse aanlyn inspirasie in mense se lewe moontlik maak.

KLIK HIER vir meer inligting oor hoe net R2 per dag 'n reuse-impak kan maak.

Hier is ’n getuienis oor wat Boodskap-Vir-Vandag vir mense beteken.

Ken wil dieper oor sy geloof nadink, en hy het vir ons hierdie e-pos gestuur: