Om met teenstrydighede saam te leef

Ek begryp self nie wat ek doen nie, want wat ek wil doen, dit doen ek nie, maar wat ek haat, juis dit doen ek … Ek, ellendige mens! Wie sal my van hierdie doodsbestaan verlos? (Romeine 7:15,24).

Onlangs, tydens ‘n ontmoeting met ‘n gerespekteerde filosoof, maak sy die insiggewende opmerking dat mense vir hulleself nooit ‘n oop boek is nie.

Trouens, ons lewe is veel komplekser as wat ons party dae sou wou hê. Dit bly gevul met allerlei onbegryplike en pynlike teenstrydighede – lig en donkertes, hoogtes en dieptes, oomblikke van groot vreugde en vryheid – maar ook van diepe teleurstelling en ontnugtering. Lees verder>>

Die gawes van elke nuwe dag

Met sy stem laat God magtige dinge gebeur. Hy doen groot dade en ons begryp dit nie (Job 37:5).

Wanneer die gordyn spreekwoordelik lig en ons dieper die misterie van God se nabyheid en liefde binnegelei word, gebeur allerlei dinge.

Ons ontwaak allereers tot die wonder van die skepping en van lewe rondom ons.

Dan word die opkoms van die son, die deurbreek van lig wat die aanbreek van ‘n nuwe dag aankondig, as ‘n wonderlike gawe ervaar. Terselfdertyd begin ons oë, soos Job s’n (Job 37-41), oopgaan vir God se asemrowende werk en sorg in die natuur. Lees verder>>

Om tuis te kom by jouself

Maar die Here God het na die mens geroep en vir hom gevra: “Waar is jy?” (Genesis 3:9).

Wie dieper die misterie van God se liefde binnegelei word, hulleself daarheen draai, kom op verrassende maniere by hulleself tuis.

Hulle ontdek dat nie net alles rondom hulle heilig en kosbaar is nie, maar ook dat hulle eie lewe en geskiedenis méér werd is as wat hulle self dikwels dink of voel. Trouens, aangeraak deur die goddelike liefde, begin hulle hulleself ook meer waardeer en liefkry.

Hulle begin, soos iemand dit half komies uitgedruk het, “hand om die lyf met hulleself staan”. Lees verder>>

Die boodskap van ‘n waterdruppel

Hy laat alle mensewerk tot stilstand kom sodat alle mense sy werk kan leer ken (Job 37:7).

Vanweë ons besige lewe, is dit geensins vanselfsprekend dat ons oë oop is vir God se gawes wat ons elke dag in die natuur tegemoet tree nie.

Dikwels moet ons wakker gemaak, ja, selfs wakker geskók word om dit raak te sien.

Soos onlangs met ‘n vriend van my gebeur het. Hy het weer, soos dikwels gebeur, half laat en in groot haas by sy werk opgedaag. Dit was toe hy uit sy motor klim en homself gereed maak om na sy kantoor toe te beweeg, dat die onverwagse gebeur: Hy het skielik iets yskouds op sy voorarm voel val. Lees verder>>

Om die misterie binnegelei te word

O diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele, hoe onnaspeurlik sy weë! (Romeine 11:33).

Baie gelowiges voel nie heelpad gemaklik met die hedendaagse nadruk op die belangrikheid van voller bewussyn (“mindfulness”) nie, oftewel om eg teenwoordig te wees.

Onlangs weer merk iemand teenoor my op dat dit net ‘n nuwe sielkundige gril of mode is. Dit behels eenvoudig oefening in menslike verbeelding – so stel hy dit – wat hom nie veel aanstaan nie. Lees verder>>

As die gordyn lig

Daarop het hy gesê: “Of hy ‘n sondaar is, dít weet ek nie. Een ding weet ek wel: ek was blind, en nou sien ek” (Johannes 9:25).

‘n Paar jaar gelede het ek die voorreg gehad om die bekende Franciskaanse priester en skrywer, Richard Rohr, op ‘n toer in die omgewing van Stellenbosch te begelei.

Ons reis in die wynlande het ‘n boeiende gesprek oor kerk en politiek, geloof en hedendaagse skeptisisme geword. In die proses het ons ook vrymoedig verhale uitgeruil oor ons eie werk, ook oor God se bystand en seën in ons lewe. Lees verder>>

Om jouself in iets groters te verloor

Tot nou toe het ek net gehoor wat mense van U sê, maar nou het ek U self gesien (Job 42:5).

In sy pryswennerboek oor ‘n aardse spiritualiteit getitel “Waar op dees aarde vind mens God?” maak die skrywer, Ernst Conradie, ‘n belangrike uitspraak.

Dit lui: “Ons gaan die skepping alleen verstaan vanuit ‘n ontmoeting met die Skepper. ‘n Mens kan jouself net vind as jy jouself verloor in dit wat groter is as jyself.” Lees verder>>

Om die misterie binnegelei te word

O diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele, hoe onnaspeurlik sy weë! (Romeine 11:33).

Baie gelowiges voel nie heelpad gemaklik met die hedendaagse nadruk op die belangrikheid van voller bewussyn (“mindfulness”) nie, oftewel om eg teenwoordig te wees.

Onlangs weer merk iemand teenoor my op dat dit net ‘n nuwe sielkundige gril of mode is. Dit behels eenvoudig oefening in menslike verbeelding – so stel hy dit – wat hom nie veel aanstaan nie. Lees verder>>

Babette se fees

Toe het hulle begin feesvier (Lukas 15:24).

Wat gesonde eetgewoontes – dit is daardie langsamer en meer bewuste eet en genieting van goeie kos – alles aan ‘n mens kan doen, is nêrens duideliker te sien as in die film “Babette’s Feast” nie.

Natuurlik is die film, gebaseer op die bekende Deense skrywer Karen Blixen se pittige kortverhaal, allereers ‘n lofsang op die befaamde kunstenaarskap van Babette, die stil Franse vrou wat op haar dag ‘n voorste kok in een van Parys se beste restaurante was. Haar besonderse kookkuns was destyds wyd bekend en gesog. Lees verder>>

Die stil wonder van lekker kos

Toe het Abraham botter en melk en die kalf wat voorberei is, gevat en voor die mans neergesit, en hulle het daar onder die boom geëet terwyl hy hulle bedien (Gen 18:8).

ʼn Goeie voorbeeld van hoe mense uit voeling kan raak met die hede en onbewustelik in sekere ou en ongesonde lewenspatrone kan vasval, het met ons eetgewoontes te make.

Tereg wys die skrywer John-Kabat Zinn daarop dat as daar een aktiwiteit is waarby al die mens se sintuie betrokke is, dit is wanneer ons eet. En tog, voer hy aan, eet die meeste mense sonder enige sterk bewussyn hiervan. Lees verder>>

1 112 113 114 115 116 128