Die goeie wat ons het

Moenie dat die goeie wat julle het, ʼn slegte naam kry nie (Rom 14:16).

In Romeine 14 is daar ʼn laaste rede waarom Paulus daarop aandring dat Christene binne die gemeenskap met mekaar voortdurend vrede, liefde en eengesindheid sal soek en uitleef.

In sy woorde, sodat die goeie wat ons het nie ʼn slegte naam kry nie.

In dié eenvoudige sin sit daar iets geweldigs. Daarmee herinner Paulus ons allereers dat ons verhouding met mekaar, ja, gewoon die feit dat ons lede van ʼn gemeenskap is, wat saam bely dat ons die God van Christus ken en dien, ʼn geweldige gawe is. Lees verder >>

Oortuig voor God

Elkeen moet net in sy eie gemoed oortuig wees van sy opvatting (Rom 14:5).

In Romeine 14 – waar Paulus probeer om die dreigende spanning tussen die sogenaamde vry en swak gelowiges te besweer – is daar nog ʼn perspektief of riglyn wat belangrik is.

Dit is dat ons in die hantering van sensitiewe kwessies sal seker maak ons is in ons eie gemoed oortuig van ons opvattings en keuses (Rom 14:5). Dit beteken ons is volkome helder en rustig daaroor dat ons besluite of optrede die regte besluite of optrede is. Lees verder >>

Konflik wat bestuur moet word

Die een wat alles eet, moet die ander wat net groente eet, nie verag nie;
en die een wat net groente eet, moet die ander wat alles eet, nie veroordeel nie, want God het hom aangeneem (Rom 14:3).

Dit bly interessant dat Paulus in Romeine 14 ʼn nuwe onderskeid inbring terwyl hy elders die onderskeid tussen mense sterk relativeer (Gal 3:28).

Die onderskeid wat hy hier inbring, is dié tussen die sogenaamde vry en swak gelowiges (Rom 14:1-2). Lees verder >>

Wat regtig saak maak

Die koninkryk van God is nie ʼn saak van eet en drink nie, maar van gehoorsaamheid aan God (Rom 14:17).

 Wie mooi na Paulus in Romeine 14 luister, sal ook ʼn ander riglyn vir die bevordering van vrede en harmonie in die gemeenskap van gelowiges optel.

Dit is dat ons as gelowiges moet leer onderskei tussen wat werklik saak maak – dié dinge wat, in Paulus se woorde, die koninkryk van God dien – en dit wat van minder waarde of belang is. Lees verder >>

‘n Belangrike riglyn

Laat ons ons dan beywer vir die dinge wat die onderlinge vrede en opbou bevorder (Romeine 14:19).

Romeine 14:1-23 handel oor ‘n probleem wat nie onbekend is binne die gemeenskap van gelowiges nie.

Dit is dat daar meningsverskille kan ontstaan wat die onderlinge vrede en eenheid tussen gemeentelede kan versteur.

Die verskille in Rome het gedraai rondom ‘n verskeidenheid kwessies. Lees verder >>

Om tjoepstil te bly

Jesus het hom egter nie geantwoord nie (Johannes 19:9).

‘n Mens kom dikwels mense teë wat stilte ondraaglik vind, veral waar dit gaan om die ontmoeting en omgang met mense.

Hulle móét altyd praat, altyd redekawel, altyd ‘n storie of ‘n grap vertel of byhaal om só die gesprek aan die gang te hou of die ontmoeting te laat slaag.

Natuurlik is dit op sigself nie verkeerd nie. Lees verder >>

Van jammer kry na viering

Moenie hooghartig wees nie, maar skaar julle by die nederiges (Romeine 12:16).

Nie lank gelede nie leer ek ‘n ongewone, maar uiters belangrike les.

Dit is dat jy in jou besorgdheid oor mense waaksaam moet wees dat jy hulle nie onnodig bejammer, of slegter oor hulleself laat voel nie – ook nie die indruk wek dat jy, ondanks jou besorgde houding, steeds vanuit die hoogte met hulle omgaan nie.

‘n Goeie vriendin maak my van hierdie baie subtiele gevaar bewus – een wat ‘n mens die gevaar van neerbuigende of hooghartige besorgdheid kan noem. Lees verder >>

A Passage to India

Wie vir God liefhet, moet ook sy broer liefhê (1 Johannes 4:21)

‘n Mooi voorbeeld van hoe ‘n hardnekkige liefde lyk, een wat vashou aan die ander ondanks terugslae en probleme, kry ons in E.M. Forster se boek “A Passage to India”.

In die boek, wat later ook verfilm is, word ‘n jong Indiese dokter Aziz valselik daarvan beskuldig dat hy ‘n Britse onderwyseres Adele Quested op ‘n uitstapppie na die bekende Marabar grotte seksueel aangerand het. Lees verder >>

‘n Hardnekkige uithouliefde

Hy het sy eie mense wat in die wêreld is, liefgehad, Hy het hulle tot die uiterste toe liefgehad (Johannes 13:1)

In die boek van Johannes – die evangelis van die liefde – staan daar aan die begin van die dertiende hoofstuk ‘n merkwaardige woord.

Dit is dat Jesus nie net, soos ons al gehoor het, sy volgelinge eerste liefgehad het nie, maar dat Hy hulle tot die uiterste toe liefgehad het. Die 1933 vertaling stel dit selfs nog meer dramaties naamlik dat Hy hulle tot die einde toe liefgehad het.

Of soos Eugene Peterson se moderne vertaling lui: rég tot die einde toe. Lees verder >>

Julle moet mekaar liefhê

Geliefdes, as dit is hoe God sy liefde aan ons bewys het, behoort ons mekaar ook lief te hê (1 Johannes 4:11)

Oorlewering het dit dat die evangelis Johannes, ook bekend as die apostel van die liefde, baie oud geword het.

In sy kommentaar op die Galasiërbrief vertel die kerkvader Jerome dat Johannes reeds in sy negentigerjare was toe hy nog steeds in die stad Efese gepreek het.

Skynbaar was hy teen die tyd so oud en broos dat van die gemeentelede hom op ‘n draagbaar die kerk moes binnedra. Ook kon hy nie meer ‘n gewone preek hou nie. Terwyl hy op een elmboog geleun het, het hy net een sin kwyt geraak: My liewe kleine kinders, julle moet mekaar liefhe.” (“Little children, love one another.”) Lees verder >>

1 114 115 116 117 118 128