Met ligter tred deur die lewe

God omgord my met krag; Hy maak my pad voorspoedig. Hy maak my voete soos dié van ‘n ribbok (2 Samuel 22:33-34).

Om dansend deur die lewe te gaan, beteken nie noodwendig dat jy oornag lesse by ‘n dansskool moet gaan neem nie!

Hoewel, laat ons eerlik wees, vroom mense, veral dominees en teoloë, dans waarskynlik te min! En dit kan beslis help om die spanning uit die lyf te kry as ’n mens van tyd tot tyd ‘n bietjie vrolik rondtrap en krul, al is dit net op die maat van jou eie musiek.

Om eg te dans, om dansend deur die lewe te gaan, beteken egter heelwat méér as net die bemeestering of beoefening van ‘n paar fisiese passies. Dit is om veral vry en met ‘n oop en vrolike gemoed te gaan lewe. Lees verder>>

Om te dans laat die ego sterf

Ek was in rou, maar U het my van vreugde laat dans. U het my rouklere uitgetrek en vir my feesklere aangetrek (Psalm 30:12).

Wie tot vrede en aanvaarding van hulleself voor die aangesig van God gekom het, mag inderdaad met nuwe vreugdes en vryhede gaan leef

Hulle leer veral om dansend deur die lewe te gaan.

Om te dans, hoef nie net ‘n metafoor vir vroliker en minder ernstige manier van lewe te wees nie. Ons mag maar dans – letterlik – en só, in die woorde van John O’Donohue, “vreugde en vrede in die tempel van ons sintuie ervaar”. Lees verder>>

Vrede met jouself

U leer my hoe om te lewe. By U is daar oorvloedige blydskap. Uit u hand kom net wat mooi is (Psalm 16:11).

Geloof wat die moeite werd is, moet ons inderdaad kan help om met die onbegryplike en dikwels pynlike teenstrydighede in ons eie lewe en in die wêreld om ons vrede te maak.

Meer nog: Egte geloof moet ons help om die moontlikhede vir groei en selfs vir die dieper vreugdes wat daarin opgesluit is, raak te sien en te omhels.

Soos met die skrywer, Nikos Kazantzakis, moet geloof selfs hierdie vreugdes en verwagtings voed: “When everything goes wrong, what a joy to test your soul and see if it has endurance and courage.” Lees verder>>

‘n Heilige Donkerte

Dit is die geheimenis wat eeue en geslagte lank verborge was, maar wat nou geopenbaar is … (Kolossense 2:26).

Een van die talle maniere waarop die onpeilbare misterie of verborgenheid van God beskryf word, is as ‘n heilige donkerte.

Dit was veral die mistieke teoloog en digter, Johannes van die Kruis, wat ons van hierdie ongewone dimensie in die Godheid bewus gemaak het. Vir hom was donkerte en onsekerheid nie net deel van ons geloofpad nie. Ook die werklikheid van God ontglip ons telkens as ‘n donker, verborge en onpeilbare misterie, ‘n heilige soort donkerte. Lees verder>>

Op heilige grond

Die sterwe van Jesus dra ons altyd saam in ons liggaam, sodat ook die lewe van Jesus sigbaar kan word in ons liggaam (2 Korinthiërs 4:10).

‘n Gelowige vrou vertel onlangs aangrypend hoe uiterste trauma en lyding haar op ‘n vreemde manier nader aan die misterie van God gebring het.

Sy was saam met haar seun op toer in Mexiko toe hulle op straat deur rowers, desperaat op soek na geld vir dwelms, voorgekeer en aangeval is. Alles het so skielik gebeur. Voor die vrou nog kon keer, is haar seun voor haar oë geskiet en het die rowers met ‘n deel van hulle besittings gevlug. Lees verder>>

Om ons te vrywaar van fundamentalisme

Niemand het God ooit gesien nie. Sy enigste Seun, self God, wat die naaste aan die Vader is, dié het Hom bekend gemaak (Johannes 1:18).

In die afgelope paar meditasies het ons stilgestaan by die belangrikheid daarvan om as volwasse mense die teenstrydighede van ons lewe, die donker- en ligkante daarvan, goed te leer ken, te aanvaar en as ‘n belangrike deel van ons lewe te omhels.

Miskien het jy teen dié tyd al gewonder waarom dit so belangrik is?

Die aanvaarding daarvan trek ons, in die woorde van die sielkundige James Hollis, “dieper in die kompleksiteit van die lewe in”. Dit op sigself kan ons tot nuwe ontdekkings en groei lei. Verder vrywaar dit ons van stagnasie en wat iemand “‘n ongereflekteerde sekerheid” genoem het. Lees verder>>

In aanraking met die groot Misterie

Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie (Hebreërs 11:1).

Hoe die gordyn op die misterie van die Godheid vir haar gelig het, en hoe dit haar bevry het om met vreugde en oorgawe saam te leef met die teenstrydighede in haar eie lewe, word aangrypend deur Denise Ackermann in haar nuutste boek, “Surprised by the Man on the Borrowed Donkey”, beskryf.

Tot voor dié oomblik, so vertel sy, was sy ‘n soekende mens met ‘n intense verlange om die geheim van die Goddelike intiemer te verstaan en te beleef. Lees verder>>

Waar hoop en goedheid kan floreer

In Hom is ons ook swak, maar saam met Hom sal ons uit die krag van God lewe (2 Korinthiërs 13:4).

Hoe die teenstrydighede van die lewe hulle in ‘n paradoks van hoop kan uitspeel, is nie net duidelik in die lewe van die apostels nie, hulle wat te midde van swakheid en lyding, hoopvol en moedig gebly het nie (2 Kor 4).

Dit skyn ook deur in die lewe van gewone mense.

Een van die baie mooi voorbeelde in dié verband is dié van Nikolay Levin, ‘n hoofkarakter in Tolstoy se bekende boek, Anna Karenina. Lees verder>>

Die seën en hoop van paradoks

Voortdurend word ons wat lewe, ter wille van Jesus uitgelewer aan die dood, sodat ook in ons sterflike bestaan, die lewe van Jesus sigbaar kan word (2 Korinthiërs 4:11).

Wie Jesus, die man op die geleende donkie begin volg, ervaar volgens die skrywer Denise Ackerman allereers die seën wat in die sogenaamde teenstrydighede van die lewe opgesluit is.

Trouens, in die lewe van Jesus vind hierdie teenstrydighede ‘n eie verrassende gestalte – een wat ons te staan bring voor die onbegryplike misterie van God self. Lees verder>>

Die man op die geleende donkie

Kyk, jou Koning kom na jou toe; Hy is nederig en ry op ‘n donkie (Sagaria 9:9).

Die teoloog Denise Ackerman se nuutste boek “Surprised by the Man on the Borrowed Donkey” is ‘n neerslag van haar eie geestelike reis en ‘n skatkis vol heerlike en bevrydende waarhede.

Die boek handel oor die waarde en rykdom van ‘n geseënde lewe. Dit bied, in die gees van Jesus se eie saligsprekinge, ‘n klompie eietydse en verrassende seëninge, almal geskryf in die idioom van die moderne mens.

Volgens Ackerman het hierdie seëninge in haar eie lewe nie uit die lug geval nie. Haar ontmoeting met en voortgaande betrokkenheid by die persoon van Jesus, “die man op die geleende donkie” (soos sy Hom beskryf), het hierdie seëninge in haar lewe onsluit. Lees verder>>

1 119 120 121 122 123 136