’n Gemeente-ete

Lees Lukas 14:15-24. “Gaan uit na die strate en gangetjies van die stad en bring die armes en kreupeles en blindes en verlamdes … Gaan uit na die paaie en lanings en dring by hulle daarop aan om in te kom …” (v 21, 23). Dit was ’n Jesusstorie, dié van die man wat die […]

Ten goede

Lees Psalm 119:65-72. Voordat ek swaargekry het, het ek gedwaal, maar nou hou ek my aan u woord (v 67). Dit is ’n dapper ding om te sê: Hy moes eers voel voordat hy gehoor het. Hy moes eers ’n duur prys betaal voordat hy tot sy sinne gekom het. Natuurlik is dit ook ’n […]

Vreemde leringe

Lees Hebreërs 13:7-21. Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid. Moet julle nie laat meevoer deur allerhande vreemde leringe nie (v 8-9). Hebreërs 13:8 is een van daardie verse in die Bybel wat so logies klink en wat gelowiges grondig troos. Dit verskaf aan hulle alle rede om vas te klou […]

Hoogmoed en nederigheid

Lees Lukas 14:1, 7-14. “Elkeen wat hoogmoedig is, sal verneder word, en elkeen wat nederig is, sal verhoog word” (v 11). Hierdie Jesuswoorde het lankal ’n allemansêding geword. En dan gewoonlik met ’n heimlike wens daarby. Iets soos: “Jy hou jou verniet so opstêrs; hoogmoed kom tot ’n val!” Of dit verskaf ’n lekkerkry-gevoel omdat […]

Ook die laatkommers

Lees Matteus 20:20-28. “Ek wil vir hierdie laaste een dieselfde gee as vir jou” (v 14). Hier is een van Jesus se bekendste gelykenisse, een van daardie stories waarmee Hy wou sê: Só werk dit in God se koninkryk. Nie almal in hierdie storie werk ewe hard nie. En, soos dit maar gaan, toe dit […]

’n Groot mond …

Lees Spreuke 18:6-12. ’n Dwaas se mond is sy ondergang, sy eie woorde is ’n dodelike strik (v 7). Hoe goed ken ons dit nie: die skade wat ’n groot mond aanrig. Baie van ons was al aan die ontvangkant van ’n dwaas se dwase woorde. Ons het die skade daarvan aan ons eie gees […]

Uitleen?

Lees Psalm 112. Dit is ’n goeie mens wat hom ontferm en wat uitleen en in al sy sake reg optree (v 5). Hierdie uitspraak oor uitleen is teenstrydig met alle goeie finansiële raad. Want moenie dink hier is van enige rente sprake nie, nee, nee! Reeds in Psalm 15 het ons gelees dat die […]

Verontregting en vergifnis

Lees Psalm 109:21-31. Húlle vloek my, maar U sal my seën. Hulle kla my aan, maar hulle sal verloor (v 28). Die prentjie wat in die laaste deel van Psalm 109 uit dié sukkelende woorde kom, is hartverskeurend. Hoor dan: “My knieë knak al … my liggaam is uitgeteer en maer. Ek het die spot […]

Vashou

Lees Openbaring 3:7-13. Omdat julle aan die boodskap van my volharding in lyding vasgehou het, sal Ek julle ook vashou (v 10). Die Bybel se veelbesproke laaste boek bevat sommer hier aan die begin sewe briewe, een aan elk van die sewe gemeentes in die destydse Romeinse provinsie Asië. Dié gemeentes het op vele gebiede […]

Vandag

Lees Hebreërs 3:7–4:11. Maar solank daar nog ’n “vandag” is, moet julle mekaar elke dag aanspoor sodat niemand van julle deur die misleiding van die sonde verhard word nie (v 13). Die Hebreërsskrywer is steeds besig om ten bate van sy Joodse volksgenote die waarheid van die Jesusverhaal aan die waarheid van hul volksgeskiedenis te […]

Voltyds

Lees Jesaja 58:9b-14. As jy jou wy aan dié wat honger het, as jy voorsien in die behoeftes van dié wat in nood is, sal die lig vir jou skyn wanneer dit donker is … (v 10). Die Here is hier besig om deur sy profeet allerlei beloftes aan sy volk te maak. Die ellendige […]

Verknogtheid, verkramptheid

Lees Lukas 6:1-5. Toe sê ’n paar van die Fariseërs: “Waarom doen julle iets wat op die sabbatdag nie gedoen mag word nie?” Jesus antwoord hulle: “Het julle dan nie gelees wat Dawid gedoen het … nie?” (v 2-3). Vir die Bybelleser lyk dit soms of Jesus opsetlik uitdagend was in sy “ongehoorsaamheid” aan die […]