’n Gebou van God

Dit is ’n woning wat nie deur mense gemaak is nie, maar deur God, en dit bly ewig staan (2 Kor 5:1).

Dat Jesus opgestaan het uit die dood maak nie net ons heiligmaking moontlik en roep ons daartoe op nie. Dit maak ook ’n groot stuk verwagting in ons los: die hoop op ons eie opstanding eendag uit die graf. ’n Letterlike, liggaamlike opstanding!

Dit is nogal moeilik om dit vir jou voor te stel. Paulus sê in 1 Korintiërs 15:44 en verder dat ons opstandingsliggaam ’n “geestelike liggaam” sal wees. Daarmee bedoel hy een wat so van die Gees deurdrenk sal wees, so gevul met die opstandingskrag van Jesus, dat die laaste spore van die dood en verganklikheid vir ewig daaruit sal verdwyn. Dit sal ’n liggaam wees wat nooit moeg word, nooit siek word en nooit sterf nie. ’n Liggaam wat geskik is om God tot in ewigheid te dien … LEES VERDER

Daar is krag!

… en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo (Ef 1:19).

Jesus se opstanding uit die dood hou vir ons die voordeel in dat Hy nie meer, soos in sy aardse gestalte, aan tyd en plek gebonde is nie en daarom altyd en oral by ons kan wees. Sy opstanding uit die dood het vir ons die verdere unieke betekenis dat ook ons, net soos Hy, uit die dood kan opstaan en wel in die breedste sin van die woord. Ek kan byvoorbeeld nou reeds uit my sondige bestaan opstaan, en eendag ook uit die graf. Ek kan teen alle vorme van die sonde en dood in die samelewing veg. Want die opstanding van Jesus is die triomf oor die dood in al sy vorme. LEES VERDER

Die einde – die begin

Nou het ons ’n lewende hoop (1 Pet 1:3).

Die datum: 8 April 1945. Die plek: ’n dodesel in die destydse oorlogverskeurde Duitsland. Die geleentheid: ’n erediens. Die gemeente: ’n paar terdoodveroordeelde mense. Die prediker: ’n Duitse teoloog wat weens sy geloofsoortuigings in die tronk gegooi is en binnekort tereggestel sou word. Sy naam: Dietrich Bonhoeffer. Sy teks: 1 Petrus 1:3. Wat ook ons teks vandag is: “In sy groot ontferming het God ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Nou het ons ’n lewende hoop.” LEES VERDER

Buitengewone God

… God wat dooies lewend maak en dinge wat nie bestaan nie, tot stand bring deur sy woord (Rom 4:17).

Die opstanding het onteenseglik bewys dat alle dinge vir God moontlik is. Geloof in die dood en opstanding van Christus is daarom gerig op die Een wat meer as die gewone kan doen. Wat ook die “buitengewone”, die “wonderlike” en die “bonatuurlike” kan doen. ’n Mens glo eintlik eers werklik in God wanneer jy nie net aanvaar dat Hy die gewone dinge kan doen nie, maar ook die buitengewone!

Abraham het só geglo. Hy was oortuig dat God lewe uit die dood kon skep. Hy het “teen hoop op hoop” (soos die 1933-vertaling so mooi sê) geglo; dit wil sê, hy het teen alle moontlikheid en waarskynlikheid in geglo dat God aan hom en Sara ’n kind sou gee. Selfs al was dit menslik en fisiologies gesproke onmoontlik vir mense van hulle ouderdom. Later het Abraham ook geglo dat God sy seun Isak uit die dood vir hom sou kon teruggee en sy nageslag in hom sou seën. Ja, Abraham het geglo in die God wat, soos ons teks sê, “dooies lewend maak en dinge wat nie bestaan nie, tot stand bring deur sy woord” (Rom 4:17). LEES VERDER

Doodsprotes

Ek het tot die insig gekom dat daar vir ’n mens niks beter is nie as om vrolik te wees en die goeie van die lewe te geniet (Pred 3:12).

Die dood maak seker van die felste emosies in ’n mens wakker. By die meeste van ons wek dit ’n oorheersende gevoel van hartseer en selfs paniek oor die finaliteit van wat gebeur het. Veral as dit iemand naby aan jou is wat gesterf het: ’n vriend, ’n man, ’n vrou of ’n kind … Dit wek dikwels ook ’n gevoel van sinloosheid, selfs van volslae pessimisme. Uiteindelik voel jy lus om soos die Prediker uit te roep: LEES VERDER

Skaakmat!

Die dood is vernietig, die oorwinning is behaal (1 Kor 15:54).

Met Jesus se opstanding is die Bose en die dood oorwin. Die dood is vernietig, die oorwinning is behaal (1 Kor 15:54). Dis afgehandel! Al wat ons moet doen, is om dit te aanvaar en te leef asof – nee, omdat! – dit ’n werklikheid is.

Die opstanding is God se amen op Jesus se offer en die mense se halleluja op hulle verlossing uit die ewige dood. Daarom kan ons in sekere sin nou reeds verby die sonde, die Bose en die dood kyk, as’t ware deur dit heen kyk, en die leë graf sien. Want dit is ál wat tel! LEES VERDER

God se grassie

Skenk ons elke dag u liefde in oorvloed, dat ons ons lewe lank mag juig en bly wees (Ps 90:14).

Waar word die nietigheid en verganklikheid van die mens sterker beklemtoon as wanneer ons by die oop graf van ’n geliefde of vriend staan, of self daarin weggelê word?

Ja, die dood en begrafnisse onderstreep wat die digter van Psalm 90 oor die mens sê, dat ons maar ’n stoffie is (v 3), ’n grassie (v 5), ’n gedagtetjie (v 9). Kan iets kleiner, meer niksseggend en meer onbeduidend wees as dit? Net maar ’n spatseltjie plasma in die groot heelal, ’n paar vlietende sekondes in die lig van die ewigheid, en dan is dit met ’n mens se lewe oor en uit … LEES VERDER

Die huil van die hond

Toe gaan hulle oë oop, en hulle het Hom herken (Luk 24:31).

Daar word ’n roerende verhaal vertel van ’n sonderlinge verhouding tussen ’n bejaarde man en sy hond.

Oral waar die man gegaan het, het die hond hom gevolg. As die bejaarde man op die stoep voor sy huisie gesit het, het die hond by sy voete gelê. As hy iewers heen aangeskuifel het, het die hond met hom tred gehou. Tussen man en hond was daar ’n onverbreekbare band. LEES VERDER

Nooit

“Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld” (Matt 28:20).

Die troos van die opstandingsevangelie is dit: Dit gebeur vir óns; die vrug daarvan kan óns, Jesus se volgelinge, geniet. Omdat Jesus opgestaan het, is Hy nie meer “gebonde” aan sy aardse liggaam nie; nie “beperk” tot ’n sekere land op aarde en ’n sekere tydstip in die geskiedenis nie. In sy Gees is Hy nou altyd en oral by ons.

David Livingstone, die beroemde ontdekkingsreisiger, het vanuit hierdie waarheid geleef. LEES VERDER

’n Graf sonder doodsbeendere

Hy is nie aan die doderyk oorgelaat nie, en sy liggaam het nie vergaan nie (Hand 2:31).

’n Gesprek tussen Auguste Comte, ’n Franse filosoof, en Thomas Carlyle, ’n Skotse skrywer, het soos volg verloop:

Comte: “Ek gaan ’n nuwe godsdiens begin wat die geloof in Jesus Christus sal verdring. Dit sal geen geheimenisse en verborgenhede bevat nie. Dit sal so duidelik en voorspelbaar wees soos die vermenigvuldigingstafel. En die naam daarvan sal wees: Positivisme.” LEES VERDER

1 3 4 5 6 7 130