“Hy het waarlik opgestaan”

“Waarom soek julle die Lewende by die dooies? Hy is nie hier nie. Hy is uit die dood opgewek” (Luk 24:5-6).

Die wonder van die opstanding van Jesus uit die dood kan ons nie verklaar nie. Niemand wat al werklik dood was, drie dae dood was, het nog ooit herleef om daarna vir ewig te leef nie. Selfs Lasarus wat deur Jesus self opgewek is, sou later weer sterf. En tog het dit een keer gebeur!

Die engel het vir die vroue by Jesus se graf gesê: “Waarom soek julle die Lewende by die dooies?” Amper verbaas. Asof hulle wou sê: Hy is (mos) nie hier nie. Hy is uit die dood opgewek (Luk 24:5-6). Om dit te glo, om daarvan te getuig, is die beste wat ons kan doen. LEES VERDER

As … maar

As Christus nie opgewek is nie, is julle geloof waardeloos (1 Kor 15:17).

Paulus was daarvan oortuig dat Jesus se opstanding uit die dood die essensie van ons geloof is. Daarom redeneer hy in 1 Korintiërs 15:14-19 min of meer soos volg: As Christus nie opgewek is nie, is ons prediking en ons geloof sonder inhoud, is ons eintlik steeds gevange in ons sonde. Dan is dié wat in Christus gesterf het, verlore. Kortom, dan is ons die bejammerenswaardigste van alle mense.

Is ons? Nee – Goddank! Ons sou kon wees. Maar nou … het Christus opgestaan! Dit, presies dit, kan en moet ons glo. Karl Barth het gesê: “Wil jy glo in die lewende Christus? Jy kan dit alleen doen as jy aan sy liggaamlike opstanding glo. Dit is die inhoud van die Nuwe Testament. Dit staan ons natuurlik vry om die boodskap te verwerp, maar ons kan dit nie verander of voorgee dat die Nuwe Testament iets anders vertel nie. Ons kan dit aanneem of weier, maar ons kan en mag dit nie verander nie.” LEES VERDER

’n Dag vir dankie-sê

Ons het saam met Christus gesterwe; daarom glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe (Rom 6:8).

Met die opstanding van Jesus plaas God self sy seël van goedkeuring op Jesus se versoeningswerk. Met die leë graf sê God: Dit is goed! Dit is volbring! Ja, op die Paasoggend verbly God Hom uitermate oor sy werk in Christus.

Daarom vier die meeste Christene hulle sabbat op ’n Sondag. So word Sondag, die derde dag ná die dood van Jesus, die opstandingsdag, die eerste dag van die nuwe week. Want hierdie dag is die uitroepteken ná God se verlossingswerk in Christus. LEES VERDER

Hy wat dood was, lewe!

Hy is begrawe en op die derde dag opgewek, volgens die Skrifte (1 Kor 15:4).

Dat Jesus op die derde dag uit die dood opgestaan het, word in al vier die Evangelies beklemtoon (Matt 28:6; Mark 16:6; Luk 24:6; Joh 20:1 ev). Waarom word dit so benadruk? Sou daar dan enige heilswaarde in hierdie feit wees? Ja! Dit wil ons verseker dat Jesus se lyding, dood en spesifiek sy opstanding ’n historiese werklikheid is. Dit is verskriklik belangrik. Jesus staan in die geskiedenis, op hierdie aarde, uit die dood op. Hy betree die dood, die allerlaaste vlak van menswees, en triomfeer dan daaroor in sy opstanding. So intens, so enduit, vereenselwig Hy Hom met ons. Tot ons heil, ons verlossing! LEES VERDER

Die hel is verower

 En so het Hy na die geeste in die gevangenis gegaan en daar sy oorwinning aangekondig (1 Pet 3:19).

Behalwe Calvyn, het ook Luther aan die woorde “ter helle neergedaal” ’n interpretasie gegee. Hy sien daarin “die eerste flitse van die triomf van Christus”. Hy sê dit was nie alleen die laaste (laagste!) trap in die vernedering van Jesus nie, maar in sekere sin reeds die begin van sy verhoging. Want Jesus het, volgens Luther, na die hel gegaan om sy triomf ook daar te proklameer, om ook daar aan te kondig dat Hy die Here is … LEES VERDER

Negatiewe uitroepteken

“My God, my God, waarom het U My verlaat?” (Matt 27:46).

Calvyn het gesê die woorde “ter helle neergedaal” staan nie om dowe neute juis aan die einde van die ry geloofstellings oor Jesus se lyding nie. Want hierdie woorde vat alles saam wat reeds daaroor gesê is; dit lê opnuut die aaklige diepte van sy lyding bloot.

Die woorde sê nie net dat Jesus ons met sy hellevaart van die hel verlos het nie; dit beklemtoon weer, dringender, dat Jesus erger gely het as enige mens voor Hom of na Hom. Hy is vervloek, verwerp, deur sy eie mense … en deur God. ’n Mens hoor sy helse smarte, sy absolute verlatenheid, in die kreet wat kort voor sy dood oor sy lippe kom: “My God, my God, waarom het U My verlaat?” (Matt 27:46). Ons het werklik nie die vaagste benul watter lyding juis hierdie Godverlatenheid vir Jesus moes wees nie. Al wat ons kan sê, is: Dit was hel …  LEES VERDER

Uit die hel na die hemel

Ja, in Christus Jesus het Hy ons saam met Hom opgewek uit die dood en ons saam met Hom ’n plek in die hemel gegee (Ef 2:6).

Dat Christus “ter helle neergedaal” het, het nie altyd in die geloofsbelydenis gestaan nie. Dié frase is eers na die vierde eeu nC in die Apostoliese Geloofsbelydenis opgeneem. Maar die saak waaroor dit hier gaan, leef reeds van die begin af in die hart van die kerk.  "

Blom uit die graf na Bo

Deur die doop is ons immers saam met Hom in sy dood begrawe, sodat, soos Christus deur die wonderbaarlike magsdaad van die Vader uit die dood opgewek is, ons ook so ’n nuwe lewe kan lei (Rom 6:4).

Die belydenis dat Jesus begrawe is, sal nie eers eendag, met ons begrafnis, betekenis hê nie. Dit het vandag reeds betekenis vir ons lewe. Om te bely dat Jesus gesterf het en begrawe is, is – al klink dit nie so nie! – ’n belydenis vol belofte. Vol lewe. Omdat God lewe skep uit die dood van Christus. Uit die graf van Jesus kom daar groei, bloei die lewe, blom ook ons lewe!  LEES VERDER

Die wins van die dood

Om te lewe, is vir my Christus, en om te sterwe, is vir my wins (Fil 1:21).

Toe Jesus die ryk van die dood betree het, kon die dood Hom nie daar hou nie!

Hy het daardeur getree en anderkant, aan die kant van die ewige lewe, uitgetree. Triomfantlik. Dit beteken nie dat Hy teruggekeer het na ons kant van die graf nie. Hy het eerder ons weg deur die dood en graf heen berei. Daarom is die graf in sekere sin nie meer ons “ewige rusplek” nie, maar ’n plek van wag en afwagting. Ons verwag die opstanding van die liggaam. So het die dood vir ons bloot ’n poort geword, ’n deurgang na die ewigheid.  LEES VERDER

Sleutels vir die doodslot

Ek het die sleutels van die dood en die doderyk (Op 1:18).

As teoloog het Karl Barth ook oor die werklikheid van ons dood en ons begrafnis geskryf. Hy vergeestelik die onaangename werklikheid nie op ’n vae, vroom manier nie, maar praat heel aards daaroor. Dit is inderdaad ontstellend, sê hy, om daaraan te dink dat ek ook eenmaal in ’n koue kis agtergelaat sal word. Daar sal ’n dag kom wanneer my vriende en familie hulle ruikers en kransies op my graf sal laat en sal teruggaan na die wêreld van warmte en lewe en lig, en ek sal alleen agterbly … Dit is inderdaad onaangenaam om daaraan te dink dat my gedagtenis nog so ’n bietjie sal bly lewe by die mense wat my geken het, maar as hulle te sterwe kom, sal ook die herinneringe aan my daarmee heen wees. Dit is inderdaad onaangenaam om daaraan te dink, sê hy, dat ek wat nou so lewenskragtig en dinamies is, dat ek wat nou so jonk en idealisties is, ook eenmaal sal verval tot beendere, tot stof, tot niks.  LEES VERDER

1 4 5 6 7 8 130