Dit is ook heeltemal reg dat ek so aan julle almal dink, omdat julle my na aan die hart lê (Filippense 1:7).
Nog ‘n tree op die pad na groter deernis, aldus die skrywer Karen Armstrong, is om die gelykheid van alle mense te aanvaar en te waardeer.
Dit beteken onder andere om met vrymoedigheid uit te reik na die vreemdeling, die uitlander en selfs hulle wat, ten minste in jou gedagtewêreld, ‘n soort vyand is.
Deur dít te doen, verbreed ons ons horisonne, leer ons ander mense, nuwe kulture asook vreemde tradisies beter ken. En dra ons by tot groter vrede en harmonie in ‘n wêreld wat dikwels gekenmerk word deur diep vooroordele en klowe, stryd en selfs openlike oorlog en aggressie. Lees verder >>