Lees Amos 7:1-6. “Here my God, vergewe tog vir Jakob! Hoe sal hy staande bly? Hy is klein!” Die Here het toe van sy voorneme afgesien (v 2-3). Hoe goed ken ons dit nie: Ouboet wat vir Kleinboet in die bres tree en mooi vra dat Pa asseblief tog nie moet doen wat hy gesê […]
Tuis
Onthou tog, Here!
Lees Eksodus 32:7-14. “Dink aan wat U met ’n eed beloof het” (v 13). Moses se heilige tyd op die berg waar hy God se gebooie ontvang het, word ru onderbreek: Daar is ’n aardige lawaai aan die voet van daardie berg, en die Here beveel Moses om ondertoe te gaan: “Jou volk wat jy […]
’n Goeie Herder
Lees Johannes 10:11-21. “Ek lê my lewe af vir die skape. Ek het nog ander skape, wat nie van hierdie kraal is nie. Ek moet hulle ook lei” (v 15-16). Aha, die Psalm 23 van die Nuwe Testament! Wat ’n mooi Jesusgelykenis! Vol eenvoudige beeldspraak, klinkklaar in sy bedoeling. Goed verstaanbaar vir almal wat maar […]
Ter wille van geld
Lees 2 Petrus 2:1-10a. In hulle hebsug sal hulle julle met allerhande stories uitbuit (v 3). Hier klim Petrus nou ook op die bekende Pauluswa: die dwaalleraars. Die Bybelleser moet seker nie hieroor verras wees nie; dit is te verwagte dat allerlei kansvatters gou sou spring om hul stempel op ’n nuwe, dikwels brose geloofsgroep […]
Hartsake
Lees Psalm 51:1-10. Maar U verwag opregtheid diep in ’n mens se hart (v 8). Dawid se misdade lê bloot voor elke Bybelleser: al die mislike besonderhede (2 Sam 11), die profeet se oordeel (2 Sam 12). Nou, in hierdie hartverskeurende psalm, gaan lê die koning, bewend en vol selfverwyt, op die grond voor God. […]
My huis, my mense
Lees Psalm 101. In my huis wil ek lewe in opregtheid (v 2). Dit is ’n lied dié. Die digter sê uit die staanspoor hy wil oor die Here se liefde en geregtigheid sing. En toe sing hy! Hy sing oor alles wat hy haat: dit wat verkeerd is, dit wat vals is, almal wat […]
Aan die jonges …
Lees 1 Timoteus 4:6-16. Maar van onheilige en sinlose verdigsels moet jy wegbly. Oefen jou liewer om in toewyding aan God te lewe (v 7). Die jong dominee moet by sy leermeester hoor wat leerlinge by hul meesters hoor: Pasop vir dié; bepaal jou by dáái. Paulus waarsku wéér teen die dwaalleraars: Moenie hul stories […]
Dwaalleraars
Lees 1 Timoteus 3:14–4:5. Hierdie dwaalleraars is skynheilige leuenaars wie se gewete toegeskroei is (v 2). Om iemand wat in die Christelike kerk doenig is van dwaalleer te beskuldig, is ’n ernstige aanklag. Paulus is egter daarvan oortuig, en hy verskaf sy redes: Dié dwaalleraars verkondig snert oor die huwelik én oor gelowiges se eetgewoontes. […]
Nuwe verwantskappe
Lees Filemon vers 1-21. Ek doen ’n beroep op jou in belang van my kind Onesimus. Hier in die gevangenis het ek sy geestelike vader geword (v 10). Die prys wat Paulus moes betaal om Jesus se navolger te wees, was onder meer dat hy dikwels in die tronk beland het. Tydens een van dié […]
Die prys
Lees Matteus 10:34-42. “Wie julle ontvang, ontvang My; en wie My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het” (v 40). Die eise van dissipelskap is hoog. Dit vind Jesus se voornemende navolgers baie gou uit. Dit behels kruisdra, die dikwelse prysgee van wat vir jou lief en dierbaar is. Dit vereis meestal ’n totale herskikking […]
Die kerk
Lees Kolossense 4:7-17. Gee jou aandag aan die taak wat jy in diens van die Here aanvaar het (v 17). Hier het ons Paulus se afsluitingswoorde in sy brief aan die gemeente in Kolosse. Eintlik is dit bloot ’n klomp reëlings wat hy vanuit die tronk deurgee. En, soos in ’n tipiese brief, ’n groetesêery […]
Woorde wat wegwaai
Lees Psalm 1. Dit gaan goed met die mens wat nie die raad van goddeloses volg nie, nie met sondaars omgaan en met ligsinniges saamspan nie (v 1). Die eerste vers van die eerste psalm word dalk die beste onthou vir die 1933/1953-vertaling se “kring van die spotters”. Maar eintlik is dit ’n doodernstige saak. […]