U oë

Lees Hebreërs 4:12-16.

Daar is ook niks in die skepping wat vir God onsigbaar is nie; alles lê oop en bloot voor sy oë (v 13).

My God, my God, waar kruip ek weg?

Só wil ’n mens uitroep as jy hierdie uitspraak van die Hebreër­skrywer lees. Dit is erg genoeg dat God se woord, soos die skrywer pas gesê het, allesdeurdringend is, dat dit ons bedoelings blootlê en ons diepste gedagtes beoordeel. Maar, as dit dan moet, kan jy die Godswoord toemaak, diep wegbêre, selfs ver weggooi. Wat die woord nie sien nie, hoef niemand tog te weet nie …

Maar daar is Iemand wat weet, wat alles weet. Hy is oneindig meer as wat sy woord laat blyk. Hy laat Hom nie bluf nie, niemand draai Hom ’n rat voor die oë nie. Juis nie die ou kindertjies wat Hy self die eerste lewenslig laat sien het nie. Hy dra hulle reeds hul lewe lank, Hy weet hoe hul hart klop. Hy ken hul agendas, Hy weet van hul plannetjies.

Dat Hy hulle steeds verduur, is, ja, ’n Godswonder. Dat Hy hoe­genaamd in hul doen en late belangstel, is vreemder as vreemd. Hy weet immers dat hul vernaamste dryfveer selfdiens is. Dat hulle tot enigiets in staat is deur hul ego wat hulle krag gee.

Daarom weet Hy ook wat dit van Hom vra om hulle tot besin­ning te bring, voordat hulle hulleself en almal in hul omgewing onherroeplike leed aandoen: Hy moet aanhoudend ingryp, hulle voortdurend voorkeer. Hy moet ’n wag voor hul mond sit en hul hande gereeld was.

Hy moet hulle veral leer dat hulle hul energie mors deur vir Hom te probeer wegkruip. Hulle moet dit eerder gebruik om lief te hê.

Ek dank U, Here, dat u oë sag is, soos u hart. Hoe anders sou ek u oordeel oorleef?

Barend Vos


Word ’n Bybel-Boodskapper

Ondersteun Boodskap-Vir-Vandag

Help ons om gelowiges wêreldwyd digitaal met die boodskap van Jesus te bemoedig. Deur jou vrygewigheid sal jy hierdie daaglikse aanlyn inspirasie in mense se lewe moontlik maak.

KLIK HIER vir meer inligting oor hoe net R2 per dag 'n reuse-impak kan maak.

Hier is ’n getuienis oor wat Boodskap-Vir-Vandag vir mense beteken.

Ken wil dieper oor sy geloof nadink, en hy het vir ons hierdie e-pos gestuur: