Verbondenheid

Lees Johannes 15:1-4.

“Julle moet in My bly en Ek in julle” (v 4).

Daar is sekerlik geen ander geleentheid waar Jesus ’n duideliker prentjie van die verbintenis tussen sy Vader, Homself en sy navol­gers skets nie. Selfs ons, eeue later, kan dit begryp.

Die beskrywing is skerp en op die man af. Skerp, en seer, dié woorde: snoei reg, sny af. Die toets of die snoeiskêr ingelê gaan word, is “vrugte dra” (v 2). Eintlik, sal sommige dalk sê, word dit ’n ultimatum, selfs ’n dreigement: Dra vrugte, óf …!

Dalk is dit eerder ’n pleitrede, ’n mooivra: Asseblief, moenie van My af los raak nie! En hoor tog hierdie troos: “Julle is alreeds reg gesnoei deur die woorde wat Ek vir julle gesê het” (v 3).

Die woorde …

Miskien is dit die uitweg vir brose, meestal weerlose lote soos ons: Luister na sy woorde, neem dit ter harte, lewe daarvolgens. Dit kan tog nie te moeilik wees nie, want hierdie woorde kom nie van ver af nie en beslis ook nie van bo nie; dit kom van binne. Dit vloei uit die wingerdstok voort en stu soos lewegewende sap deur die lote. Dit bring nuwe lewe voort. Dit maak die lote soepel, buigsaam. En dit maak die snoeiskêr oorbodig.

Wanneer daar egter ’n blokkasie intree, wanneer die loot ver­droog en uiteindelik van die wingerdstok los raak, begin die moei­likheid. Geen nuwe groei meer nie, beslis geen vrug nie. Die snoeiskêr is op pad. Want die Jesuswoorde het iewers gestol. Dit is voorgekeer en weggewerk. En die verval is onafwendbaar.

Hou aan om met my te praat, Here Jesus! U woorde hou my aan die lewe.

Barend Vos


Word ’n Bybel-Boodskapper

Ondersteun Boodskap-Vir-Vandag

Help ons om gelowiges wêreldwyd digitaal met die boodskap van Jesus te bemoedig. Deur jou vrygewigheid sal jy hierdie daaglikse aanlyn inspirasie in mense se lewe moontlik maak.

KLIK HIER vir meer inligting oor hoe net R2 per dag 'n reuse-impak kan maak.

Hier is ’n getuienis oor wat Boodskap-Vir-Vandag vir mense beteken.

Ken wil dieper oor sy geloof nadink, en hy het vir ons hierdie e-pos gestuur: