Verstandige leiers

Lees Daniël 12:1-3.

Die verstandige leiers sal skitter met die glans van die hemel self … dié wat baie mense op die regte pad gelei het (v 3).

Waar kry ’n mens hulle? Is daar dan nog iets soos verstandige leiers, dié wat ander mense op die regte pad lei? Dalk was daar van hulle in die ou tyd, in Daniël se dae. Maar nou?

Sommige mense sê: Deesdae is “verstandige leiers” ’n selfweer­spreking – dit is óf die een óf die ander; die kombinasie bestaan net op papier. Sinies, nè? Maar soms, dit moet ons erken, het dié siniese mense iets beet. Veral soms …

Hoe tree ’n verstandige leier op? Eenvoudig, sê hierdie Daniël­vers: Hulle lei baie mense op die regte pad. Dit is wat verstandige leiers doen. Hulle ken die paaie, hulle ken hul mense.

Hulle weet wie hulle aan die hand moet neem, hulle weet wie self kan regkom. Hulle weet hoe ver hulle vooruit kan gaan, hulle weet vir wie hulle moet wag. Hulle het kragtige arms wat kan beduie: diékant toe! Hulle het ’n soepel rug wat kan buk en sagte hande wat kan optel. Hulle is nie te vernaam vir die swakstes onder hul volgelinge nie.

Verstandige leiers, het die geskiedenis uitgewys, weet ook dat hulle nie alle wysheid in pag het nie. Daarom omring hulle hulle met verstandige raadgewers. Veral weet hulle dat hulle nie die eerstes is wat dié ou paadjie loop nie. Nee, daar is groot spore waarin hulle kan volg.

Hulle word geëer, hierdie verstandige leiers. Die Daniëlboek sê hulle sal skitter soos die sterre. Heel gepas, nie waar nie? Hulle ont­vang immers hul loon van die Skepper van die sterre, die Leier van die leiers.

Soms vertrou U my ook met ’n troppie wat ek moet lei. Lei U my!

Barend Vos


Word ’n Bybel-Boodskapper

Ondersteun Boodskap-Vir-Vandag

Help ons om gelowiges wêreldwyd digitaal met die boodskap van Jesus te bemoedig. Deur jou vrygewigheid sal jy hierdie daaglikse aanlyn inspirasie in mense se lewe moontlik maak.

KLIK HIER vir meer inligting oor hoe net R2 per dag 'n reuse-impak kan maak.

Hier is ’n getuienis oor wat Boodskap-Vir-Vandag vir mense beteken.

Ken wil dieper oor sy geloof nadink, en hy het vir ons hierdie e-pos gestuur: